
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:19 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 215.

DIEFSTAL VAN BABA DEUR KEISERSNEE

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy skok, ongeloof en afgryse uitspreek oor die onlangse voorval in Mitchells Plain waar 'n jong swanger vrou, Tasmiedah Ganief, aangeval en haar ongebore baba uit haar buik verwyder is, en verder haar en haar seun, Tyreeq, sterkte en 'n spoedige herstel toewens.

Goedgekeur.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

	WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

	(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 2 - Provinsiale Parlement

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek verstaan dat dit ook 'n nuwelingstoespraak is.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die SPEAKER: Me die Voorsitter, om my nuwelingstoespraak te lewer oor 'n begroting wat met 57% gestyg het en darem na iets begin lyk, is voorwaar 'n voorreg. Hiermee is ek ook deel van die transformasieproses van die konvensie dat die Speaker nie in die Huis 'n toespraak lewer nie.

Me die Voorsitter, die Parlement se Begroting vir die 2000-01-boekjaar is R21,615 miljoen. Dit verteenwoordig 'n verhoging van R7,651 miljoen, vergeleke met die aangesuiwerde bedrag van die vorige boekjaar se begroting. Die Parlement betaal sedert 1 November 1999 ook die Uitvoerende Gesag se salarisse, daarom word daar bykomend as 'n direkte las die bedrag van R16,137 miljoen begroot vir ons almal se salarisse.

In opdrag van die Relskomitee het die parlementre personeel vir die eerste keer 'n begroting op grond van die werklike behoeftes opgestel. Hierin is hulle gehelp deur 'n professionele ondersoek, geborg deur die Europese Unie. Die ondersoek is gedoen deur mnr Robin Douglas, die vorige sekretaris van die nasionale Parlement.

Die Douglas-verslag het getoon dat die Parlement R9 miljoen meer moet aanvra as wat aanvanklik vir vanjaar bewillig is. Nadat die Relskomitee op die noodsaaklikste uitgawes besluit het, is net meer as R5 miljoen aangevra, waarvan die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning R2,368 miljoen toegestaan het.

*Dit is belangrik dat al die behoeftes van die Parlement nou behoorlik gekwantifiseer is. Die voorgeskrewe wyse vir die verkryging van die Parlementre begroting, naamlik dat die Speaker direk met die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning onderhandel, is finaal gevestig. Dit kom neer op 'n soort roomafskepping. Ek sou dit verantwoordelike en billike roomafskepping noem, want die Speaker moes aanvaar dat 'n verhoging van 57% in enigeen se taal regtig goed is, en in 'n Provinsie waar daar ander groot behoeftes is waaraan voldoen moet word met 'n krimpende globale bedrag wat aan die Kabinet beskikbaar is, kon die begroting van die Parlement nie met een reusagtige stap reg aangepas word nie. 'n Vars benadering deur die agb Premier en sy Kabinet word egter baie waardeer.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die SPEAKER: Me die Voorsitter, ek wil 'n spesiale woord van dank aan die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning rig vir sy goeie trou tydens die onderhandelinge. Ek moet hom herinner aan die belofte dat die Speaker, namens die Komitee oor Rels en Huishoudelike Relings, hom in die loop van die jaar vir moontlike ekstra befondsing in die Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp kan nader.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Volgende jaar sal u 100% kry.

*Die SPEAKER: Baie dankie. Ek hoop dat daardie tussenwerpsels opgeteken is. [Gelag.]

Me die Voorsitter, hierdie bykomende befondsing sal nodig wees om ten minste vier verdere poste, afgesien van die vyf bykomende poste wat ons uit die toegewysde begroting sal kan vul, te vul en wat di van taalpraktisyns sal moet insluit om ons in staat te stel om ons grondwetlike verpligtinge na te kom.

'n Bedrag van R2 miljoen wat by die Begroting ingesluit is, is vir kapitaalprojekte. Die vierde, vyfde en sesde vloere sal opgradeer word; 'n kantoor vir openbare deelname sal by die ingang van die Waalstraat 7-portaal ingerig word; die raadsaal se tolk- en klankstelsel sal verbeter word; tolkhokke sal in die twee komiteekamers aangebring word; 'n afsonderlike telefoonsentrale sal in gebruik geneem word; en onbenutte ruimte, soos die ou koffiekamer, die komiteekamer op die sesde vloer en die dakwoonstel, sal in oopplan kantoorareas omskep word.

Vanjaar sal staande komitees vir die eerste maal 'n realistiese bedrag, naamlik R60 000 per komitee, beskikbaar h, en self kan besluit hoe hulle dit wil aanwend in die uitvoering van hul aktiwiteite. Di toekenning is bo en behalwe die administratiewe bedrag van R1 129 wat vir komiteewerk begroot word.

'n AGB LID: Hoor, hoor!
Die SPEAKER: Dit is ook aangenaam om bekend te maak dat ons, wat ledevoorregte betref, aansienlike verbeterings bewerkstellig het. Veral die telefoontoelae van lede, wat 'n selfoonkontrak sal insluit, is aansienlik verhoog, en so ook die sekretarile hulp. Dit is die twee aspekte waaroor ek wil toegee ons in die verlede nie genoeg gedoen het nie, maar ek is mislei deur oorskotte wat elke jaar bestaan het deur die spaarsamigheid van lede. [Tussenwerpsels.]

*Wat inligtingstegnologie betref, sal ons vanjaar uiteindelik elke lid van 'n persoonlike rekenaar kan voorsien, asook 'n paar ekstra drukkers kan aanskaf.

Ek wil my waardering betuig teenoor die Sekretaris, mnr Pretorius, wat terloops herkies is as Uitvoerende Sekretaris van die Forum vir Sekretarisse van Suid-Afrikaanse Wetgewers, ...

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die SPEAKER: ... en sy hele personeel vir die ondersteuningsdienste wat hulle tydens die afgelope jaar gelewer het, asook die uitstekende Jaarverslag wat gister vrygestel is. Ons personeel, die kleinste in getal van alle wetgewerpersoneelkorpse, werk van tyd tot tyd onder uiterste druk. Ek wil aan hulle s dat hul goeie werk nie ongemerk verbygegaan het nie.

Die Wet op Bestuur van Openbare Finansies, 1999 (Wet 29 van 1999), tree op 1 April 2000 in werking en dit sal op sigself bykomende verantwoordelikhede en funksies vir ons personeel meebring.

Wat die Wet op Billike Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998), betref, wil ek daarop wys dat ons personeel 'n proses van beplanning en oorlegpleging van stapel gestuur het met die oog daarop om die statutr vereiste regstellende aksieplan teen die voorgeskrewe datum op die tafel te h. Ek kan agb lede daarvan verseker dat ons met ons personeelaanstellings sal aanhou om die proses op so 'n wyse te bedryf dat ons personeel op alle vlakke meer verteenwoordigend van die demografie van die provinsie sal word. Om die waarheid te s, wat totale syfers betref, is die verteenwoordiging bevredigend, maar ons skiet nog tekort ten opsigte van die meer senior vlakke.

Ek wil my waardering teenoor ons Hansarddiens betuig. Agb lede sou dalk gemerk het dat ons sekere veranderinge ten opsigte van Hansard ingestel het, en ons glo dat dit 'n beduidende verskil aan die gehalte en spoed van die diens gemaak het. Die klein A5-grootte Hansard dele is deur 'n meer gebruikersvriendelike A4-grootte vervang. Dit is hoofsaaklik vanwe tegniese redes, om weg te doen met die behoefte aan verdere setwerk na die aanvanklike tikwerk aan die toesprake. Agb lede sal in die volgende dele ook meer gebruikersvriendelike en omvattende indekse kry.

Ek wil agb lede ook daaraan herinner dat die voorlopige onhersiene toesprake binne 'n dag of twee na die debatte in die biblioteek beskikbaar gestel word.

Ons navorsings- en inligtingsdiens is vanjaar verder geformaliseer deurdat die twee navorsersposte wat voorheen deur die Europese Unie op kontrak befonds is, nou as permanente poste in ons diensstaat opgeneem is.

Die biblioteek en ons navorsers lewer 'n onmisbare diens. Mnr J Retief wat as landwye voorsitter van al die wetgewers se groep rondom biblioteke en navorsing opgetree het, het vrywillig oor 'n aantal interne toesig gehou. Dit sluit in 'n intern uit Kanada, twee interne uit Duitsland en twee interne van die Universiteit van Stellenbosch. Pogings word weer aangewend om die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van Wes-Kaapland ook te betrek.

Die regsamptenaar se bydrae as hulp vir die Speaker en sy Administrasie oor regs- en arbeidsake is van onskatbare waarde. Ek moet in hierdie verband egter 'n standpunt stel. Dit was nooit die gedagte dat die Parlementre Regsadviseur op 'n deurlopende basis by wetgewing voor staande komitees betrek moes word nie. Regshulp aan staande komitees was nog altyd, en bly na my mening, die verantwoordelikheid van die oorspronklike wetsopsteller en die regsdienste van die Provinsie. Trouens, dit is presies hoe die saak by die nasionale Parlement hanteer word. Bloot uit 'n praktiese oogpunt is dit 'n onbegonne taak dat een persoon, of selfs twee of drie persone, op hoogte kan wees van elke stuk wetgewing wat voor die Huis dien.

Indien komiteevoorsitters oor prosedure navrae het, kan dit natuurlik via die Kantoor van die Speaker of die Kantoor van die Adjunkspeaker gerig word. Die enigste uitsondering waar die Parlementre Regsadviseur met wetgewing betrokke behoort te wees, is wetgewing wat by die Parlement self ontspring.

In hierdie verband wil ek agb lede daarop wys dat ek die regsadviseur reeds opdrag gegee het om 'n konsepwetsontwerp op te stel oor die instelling van 'n parlementdiens. Daardie wetgewing sal voorsiening maak vir die instelling van 'n bestuursliggaam vir die Parlement, wie se pligte en bevoegdhede in die wet omskryf sal word. Dit sal ook die finansile relings van die Parlement reguleer, behoudens ander wetgewing, natuurlik.

So 'n wet is 'n baie algemene verskynsel by parlemente wreldwyd. Waarop dit neerkom, is dat die Interne Relings geskei word van die Relskomitee, sodat die Relskomitee net met rels en prosedure te make sal h. Die bestuursliggaam sal, benewens die Speaker en sy adjunk, uit 'n klein groepie senior lede en die Sekretaris bestaan.

'n Deurlopende tema oor die afgelope jare was die problematiek dat hierdie gebou gedeel word deur die Provinsiale Regering/Administrasie en die dienste wat hier aan ons gelewer word. Ek dink dat ons met hierdie sentrale ligging in die stad, en naby die nasionale Parlement met die Nasionale Raad van Provinsies waarmee ons gedurig skakel, asook die koste van 'n ander gebou wat ons nie op die belastingbetaler kan laai nie, nie ernstig na 'n ander heenkome moet soek nie, tensy ons 'n pasklaar gebou kan bekom. Die isolasie van 'n provinsiale Parlementsgebou, wat ek by sommige ander provinsies waargeneem het, kan ook kontra-produktief wees.

Ek meen dat die kern van die probleem aangepak moet word, daarom is ek van voorneme om die Relskomitee te vra om die parlementre terrein in die Wes-Kaapse Wet op die Bevoegdhede en Voorregte van die Provinsiale Wetgewer, 1995 (Wet 3 van 1995), duideliker te omskryf, om sodoende die beheer en bestuur van die toepaslike gedeeltes van hierdie gebou onder beheer van die Speaker en later die te stigte Parlementre Bestuurspan te bring.

Terselfdertyd sal ek vra dat die nodige parkering vir lede en die parlementre personeel ook afgebaken en onder ons eie beheer geplaas word, want dit was 'n groot oorsig dat hierdie Parlement met sy ontstaan wel kantoorruimte gekry het, maar geen parkeerruimte waaroor ons alleen seggenskap het nie. Met so 'n parkeerafbakening sal ons ons eie parkeerbeleid kan volg. Ek sal toesien dat die Administrasie genooi word om volledig getuienis te kom afl voor die komitee oor watter parkering hulle vir ons sal kan afstaan.

In enige gebou, en daarom ook hier, is ons baie afhanklik van die Departement van Werke. Ek is dankbaar om te kan rapporteer dat daar 'n nuwe bries waai nadat hulle my amptenare onlangs ontmoet het.

Hulle het onderneem om 'n argitek aan te stel vir 'n totale opgradering van lede se kantore en ook die nodige veranderinge te ondersoek om privaatsekretaresses reg langs lede in 'n aangrensende kantoor te akkommodeer.

*'n Spesiale uitdaging waarvoor ons te staan sal kom, sal wees om die gange van die Parlement meer teenwoordigend van ons geskiedenis en kulture te maak. Ons beoog om konsensus hieroor te bereik en sal kundige tegniese en professionele advies van buite die Parlement inwin ten einde 'n eindproduk daar te stel wat nie net deur ons almal aanvaar sal word nie, maar wat ook ons kiesers tevrede sal stel. Ons vertrou dat daardie deel van die fondse wat geoormerk is vir kapitaalprojekte oor die volgende twee jaar vir hierdie stappe benut sal word. Vordering met die saak sal natuurlik afhang van die hoeveelheid tyd wat politici in hierdie verkiesingsjaar beskikbaar het om die proses aan te dryf.

Ek wil Fedics bedank vir die uitstekende diens en borgskappe wat hulle oor vyf jaar ten opsigte van spyseniering aan die Parlement gelewer het. Dit was onafwendbaar dat die spysenieringskontrak van die Administrasie op tender moes uitgaan, dat die Speaker nie kon inmeng met hierdie tenderprosedure nie en dat die Tenderraad toegesien het dat die nuwe tender op grond van hulle voorskrifte toegeken word aan Sixel en Patterson. Ons wens hulle geluk en verwelkom hulle.

Die spyseniering het egter nie goed afgeskop nie. Ek vra om verskoning as ons voorligting aan die tenderaar nie goed genoeg was nie. Die spysenier het egter ook die taak onderskat en met onervare personeel weggespring. Sake het reeds drasties verbeter, maar die Relskomitee het besluit dat ons binnekort 'n finale evaluering sal doen en na bevinding van sake sal handel.

Nadat die nuwe omvattende, hersaamgestelde Reglement van die Parlement die toets van die praktyk uitstekend geslaag het, het die Relskomitee tog besluit dat 'n subkomitee enkele klein wysigings, wat nodig blyk te wees, moet ondersoek. Die verskillende stadiums van wetgewing ten opsigte van die nodigheid van 'n komitee van die hele Huis en die nodigheid van 'n derde lesing word al lank bevraagteken en die subkomitee sal ook na hierdie belangrike saak kyk.

*'n Baie belangrike taak wat vir ons in die res van hierdie jaar voorl, is om te begin om uitwerking te gee aan artikel 27 van die Grondwet van die Wes-Kaap, naamlik om 'n gedragskode vir lede van die Provinsiale Parlement op te stel. Ek is van mening dat die Huis 'n ad hoc-komitee moet aanstel om hierdie wetgewing, wat ook 'n gedragskode sal bevat, as 'n saak van dringendheid op te stel. In hierdie verband sal ek die aangeleentheid met die onderskeie politieke partye opneem.

Nog 'n saak waarop ek beoog om verder in te gaan, is die huidige stelsel van finansile strafmaatrels wat geld vir afwesigheid deur lede van amptelike parlementre werksaamhede. Na my mening is die huidige stelsel te toegeeflik, en dit bevorder nie dissipline in die Huis en sy komitees nie. Ek is seker dat baie lede, selfs die paar wat hulself aan ongemagtigde afwesigheid skuldig maak, nie eens weet dat ons so 'n bepaling in die Wet het nie. Dit is op sigself bewys daarvan dat die stelsel hersien moet word. Skuldige lede moet daarom bedag wees daarop dat hulle baie gou kan agterkom dat hul kontantvloei ernstig geraak word.

Terwyl ek besig is met sake rakende agb lede se sakke wil ek ook s dat ek ook van plan is om die steun van lede te werf om oorweging te gee aan die instel van strafmaatrels vir die wat selfone in die Raadsaal en tydens komiteevergaderings laat lui. As dissipline deur partykoukusse nie die gewenste gevolg het nie, sal strenger maatrels soos strafmaatrels dalk die enigste alternatief wees.

Ten slotte, me die Voorsitter, ek glo dat ons Parlement as 'n "Werkende Parlement" bekend moet staan. Verlede jaar was verkiesingsjaar, en dit het inbreuk op ons aktiwiteite gemaak sodat ons in totaal minder as in die vorige jaar gesit het. Ons moet egter gesien word dat ons proaktief werk. Dit beteken nie net sittings van die Huis nie, maar ook vergaderings van staande komitees.

Staande komitees het nou geld beskikbaar om hul aktiwiteite uit te brei, en ek wil werklik 'n beroep op komitees doen om hul werksaamhede ook na dorpe en sentra buite Kaapstad uit te brei. Dit is belangrik dat ons die volle bevolking van die Wes-Kaap by ons aktiwiteite betrek. Die Kabinet het reeds elders gesit. Selfs die Parlement kan ook by geleentheid buite Kaapstad vergader, want ons eie Grondwet maak dit moontlik.

*Ek is terde daarvan bewus dat ons nie genoeg gedoen het wat openbare bewusmaking en deelname betref nie.

Ek wil my waardering en dank teenoor die Adjunkspeaker, wat haar pligte op 'n navolgenswaardige wyse uitvoer, betuig - "words are all I have to take your heart away." [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ons het die punt bereik waar ek van mening is dat indien ons hierdie Begroting in werking kan stel, dit baie sal doen om lede in staat te stel om hul pligte optimaal te verrig. [Toejuiging.]

Mnr R J KING: Me die Voorsitter, ek kan nou regtig s dat ek vandag die eer het om te volg op iemand op wie niemand anders in die Huis nog gevolg het nie. Ek moet byvoeg, dit is baie jammer dat ek op so 'n puik toespraak moet volg, want om daardie gehalte toespraak te handhaaf is baie moeilik. Die mense s altyd 'n mens raak beter met ondervinding en met oefening, maar dit is van vir ons sit en luister dat die Speaker nou al so fyn geraak het in sy toesprake. [Gelag.] Van oefening is dit definitief nie.

Hy het darem vir my geleer hoe 'n mens probeer om die slaggate te vermy. Hy het dit netjies gedoen, en ek bedank hom daarvoor. As 'n mens vir 'n voorsitter wat agter jou sit en jou dophou, so 'n kompliment gee! Ek sou dit net vroer in die toespraak gedoen het, want dan kan sy 'n mens definitief nie aanspreek nie.

Me die Voorsitter, ten spyte van al die mooi dinge wat die Speaker in sy toespraak vir ons genoem het, ten spyte van al die dinge wat ons vir ons Parlement gekry het en waaroor ons baie dankbaar is, en ten spyte van al die verbeterings, is ons by verre steeds die mees effektiewe, kostebesparende Parlement van al die provinsies in Suid-Afrika. Ons kan regtig trots wees daarop dat ons, gereken teen koste per lid, nog nommer een in die land is. Ons sal voortgaan om ons sake so te doen. [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: Mooi!

Mnr R J KING: Me die Voorsitter, waar ons in die kinderskoene staan van hierdie Tweede Parlement van die Provinsie Wes-Kaap en ons reeds die volle leeftyd van 'n parlement kon deurleef vanaf 1994 tot 1999, bly dit steeds 'n baie groot voorreg om in ons eie Begrotingsposbespreking te kan deelneem.

Ek wil die amptenary van ons Parlement bedank. Ek wonder hoeveel agb lede het opgelet dat die Jaarverslag van hierdie mede-spelers van ons reeds verlede Vrydag op ons tafels was. Dit is 'n ou parlementre tradisie dat 'n jaarverslag betyds vir die begroting die lig moet sien. Ek bedank hulle graag namens almal van ons. Hulle het dit baie netjies gedoen.

Me die Voorsitter, dit is ook 'n goeie tyd om 'n bietjie terug te blaai en voorraad op te neem. Ongelukkig is dit menslik dat 'n mens die goeie dinge as vanselfsprekend aanvaar en meer uiting gee oor die dinge wat jou pla en dit aan die groot klok hang. Ek wil dit dadelik uitlig dat dit ongelukkig nie in ons hande is om die meeste van hierdie dinge reg te stel nie, want dit is faktore buite ons beheer.

Kopsorge het ons wel, en rondom hierdie erge kopsorge ontstaan dikwels persepsies wat later omsit in mites. Dit is 'n mite dat die Parlement van die Wes-Kaap 'n anneks tot die Provinsiale Administrasie is. Gedeelde seggenskap is vir ons 'n onding. Job se geduld en Salomo se wysheid van beide kante gaan nie ons probleme in hierdie opsig laat verdwyn nie. Die behoeftes is so uiteenlopend, werkwyses en strukture so aan mekaar vreemd, en tradisies so geheel anders dat irritasie, misverstand en konfrontasie ongelukkig altyd in die kaarte sal wees.

Ek dink byvoorbeeld aan die veiligheidsituasie. Ek wil agb lede verseker, om 'n Parlement op die sesde vloer en lede op die vierde en vyfde vloere behoorlik te beveilig, in ons situasie, is werklik nie moontlik nie.

Me die Voorsitter, 'n parlementre kompleks - dit is ten minste wat 'n parlementre opset moet behels - wat nie voldoende ruimte het nie, is 'n verskoning vir 'n parlement. Vir ordelike beveiliging, parkering, verfraaiing en identifisering het ons ruimte nodig. Ek wil dit onomwonde stel dat ons parlementre outonomiteit daarsonder 'n mite is.

Di Parlement behoort aan die Wes-Kaap en sy mense, en meer so natuurlik aan die Moederstad en sy mense. As ons die dringende aksies en die hartroerende pleidooie uit Kaapse geledere sien om die Sentrale Parlement in Kaapstad te hou, en ons hoor dat die verto wat ons aan die Stad Kaapstad gerig het om strate vir ons af te sper en 'n meer beveiligbare ruimte om ons gebou te skep eenvoudig van die tafel gevee is, ... [Tussenwerpsels.] ... en ons in gedagte hou dat hier in die afsienbare toekoms nie eens 'n moontlikheid van die uitbreiding van ons beweegruimte bestaan nie, dan moet ons vir die stadsvaders van Kaapstad kan s dat die fisiese ligging van die Parlement op die oog af baie gunstig is, soos die Speaker ook ges het - sentraal, binne bereik - maar dit is weer eens juis die faktore wat vir ons die probleme skep. Daar bestaan geen moontlikheid van uitbreiding as hulle nie ons hand gaan vat nie. Ons het reeds gebrekkige ruimte. As ons diensstate behoorlik uitgebrei word, sal kantoorruimte ook 'n al groter wordende probleem skep.

Me die Voorsitter, om verskeie redes is dit wenslik dat 'n parlementre kompleks sy eie afgebakende gebied moet h; 'n eie afgebakende gebied wat ruimte gee, wat tuinery en fisiese beweegruimte moontlik maak en ook geestelike beweegruimte skep. Terselfdertyd moet die terrein 'n vertoonstuk vir 'n trotse parlement kan wees.

Dit is 'n mite dat 'n parlement wat besoekersonvriendelik is, ooit in die harte van die mense wat hy moet dien, kan groei. Hier is eenvoudig nie die ruimte om die mense van ons provinsie met waardigheid te dien nie.

Weet u, me die Voorsitter, die besoekersgalery daar bo het plek vir 36 mense. [Tussenwerpsels.] Hier is plek vir nege lede van die pers.

Mnr A ISMAIL: Dit is 36 maer mense.

Mnr R J KING: Dit is werklik so.

Me die Voorsitter, een van die nuwe dinge wat ons kan begin, is om ons oudlede by ons welkom te laat voel. Besef agb lede dat as ons al ons oudlede op die galery laat sit, vul hulle net mooi die stoele, want tot nou toe het 36 lede reeds uitgetree. [Tussenwerpsels.] Selfs as ons hulle nooi - en daar sal 'n paar wees wat nie kan kom nie - sal ons sitplekke beperk wees. [Tussenwerpsels.]

Mevrou, ek het reeds ges dat omstandighede dikwels lei tot gebruike wat groei op persepsies en wat later beslag vind in mites met moeilik naspeurbare oorsprong, wat later as vanselfsprekend aanvaar word. Dikwels word gebruike dan as evangelie onbevraagteken aanvaar, terwyl die oorsprong, om die minste te s, kunsmatig gesimuleer is.

Hier is oor die afgelope tyd indringend gesels oor die rol van die komiteestelsel in ons Parlement. Waar dit uiteraard 'n saak vir die Relskomitee, die sogenaamde rigtinggewende outoriteit van die Parlement is om in diepte hieroor te besin, dink ek dit sal goed wees om net oorsigtelik die motivering te gee vir die aan-die-orde-stel van die argument.

As gevolg van omstandighede aan die beginjare van die vorige Parlement, en waarvoor niemand huidiglik nog hier verantwoordelik gehou kan word nie, het 'n mite ontstaan dat die Staande Komitee oor Finansies uitgelig word in belangrikheid bo ander staande komitees. Oor die jare heen moes SKOF al meer werk rondom die begroting doen en ander staande komitees al minder. Daar het 'n totale wanbalans in werklading ingetree, en dit moet reggestel word.

Die begrotingsproses kom noodwendig onder die loep. Ek dink ons almal het oor die afgelope jare hieroor goeie ondervinding opgedoen. Ek wil ook dadelik die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en dr Stegmann bedank vir die kursus wat hulle vanoggend vir ons aangebied het. So tree verbetering en verfyning gedurig in.
Die Relskomitee het dan ook die afgelope week besluit om 'n subkomitee aan te stel, wat primr ten doel behoort te h om die fokus meer op hierdie Huis te rig. Die subkomitee sal, myns insiens, met vrug kan kyk na die betrokkenheid van al die portefeuljekomitees by die begrotingsproses; die bespreking van komiteeverslae en selfs die oorweging daarvan in die Huis; die betrekking van die Uitvoerende Gesag by aanbevelings en besprekings van komiteeverslae; die voortsetting van die goeie gewoonte om voorstelle of onderwerpe vir bespreking deur partye op 'n gereelde basis te laat plaasvind; die bemagtiging van portefeuljekomitees om ondersoeke te loods en deur te voer; en die uitskakeling van die duplisering van die komiteestadia, waarin 'n komitee van die hele Huis die staande komitee dupliseer.

Verder dink ek dit sal gepas wees as die Uitvoerende Gesag meer van die Huis gebruik maak om belangrike verklarings te doen. Die Rels sal daarvoor voorsiening moet maak.

Gister toe die agb Premier 'n belangrike verklaring hier gedoen het, het ek gewonder waarom ons Ministers en ons leiers daar buite perskonferensies en mediakonferensies moet toestaan. Ek dink ons moet die fokus na die Huis swaai. As 'n Minister 'n baie belangrike verklaring het om te maak, kan ons 'n tydgleuf skep, soos met vrae en interpellasies en met voorstelle.

Kom ons skep 'n tydgleuf op 'n gereelde basis in hierdie Huis waartydens ons leiers belangrike afkondigings kan maak hier in die Huis waar dit hoort. Kom ons plaas die fokus terug op die Huis. Kom ons bring die pers hierheen. Waarom moet ons hulle na ander plekke weglei? Kom ons laat die fokus weer op ons Parlement val.

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, ek staan met 'n mate van gemengde gevoelens op om deel te neem aan die debat oor hierdie Begrotingspos, in die wete dat daar so dikwels in hierdie Parlement besprekings was rakende die Parlement teenoor die Kabinet. Vandag het die Speaker, toe hy die debat geopen het, sekere maatrels uiteengesit wat ek, indien dit in werking gestel sou word, ware ingryping sou kon noem wat die saak sou kon regstel ten opsigte van die Provinsiale Parlement en die rol van die Provinsiale Parlement teenoor die Kabinet.

Ons het vir 'n rukkie gepraat oor lede van die Parlement wat nie hul grondwetlike verpligtinge kon nakom nie en daardeur nie 'n diens aan die burgers van hierdie provinsie lewer nie. Tydens die vorige sitting het ons 'n lys voorstelle gehad, en party daarvan het oud geword. Hulle is nie bespreek nie. Hierdie voorstelle het in sommige gevalle gepoog om te wys dat daar 'n skeiding en, inderdaad, onafhanklikheid tussen die Kabinet en die Parlement is, en die rol te beklemtoon wat die Parlement in sy toesighoudingsrol oor die Uitvoerende Gesag moet speel.

As ons oor Begrotingspos 2 praat, moet ons s dat Begrotingspos 2 vir die eerste maal onderwerp is aan 'n zero-gebaseerde begrotingsproses, en in hierdie verband dink ek ons moet die amptenare prys vir die goeie werk wat hulle gedoen het deur van vooraf met die Begroting te begin en te probeer om te bepaal wat die behoeftes van die Parlement is. Hierdie amptenare het goeie werk gedoen.

Vandag het die Speaker, toe hy die Begroting ingedien het, 'n stelling gemaak wat wys dat duidelike riglyne verkry moet word oor die verantwoordelikheid van die Provinsiale Parlement en die bemagtiging van lede om hul verantwoordelikhede na te kom, soos ek vroer ges het.
Die begroting van R21,6 miljoen, as 'n mens terugkyk en dit met die bedrag van net meer as R13 miljoen vir die huidige boekjaar vergelyk, is 'n verbetering.

As 'n mens na die dokumente kyk wat die strategiese oogmerke en die resultate ten opsigte van die Provinsiale Parlement uiteensit, sien jy dat die Provinsiale Parlement tot dusver nie genoeg gedoen het ten opsigte van daardie spesifieke verantwoordelikhede nie. Ons aan hierdie kant van die Huis sal natuurlik sinvol deelneem om daardie oogmerke, soos uiteengesit in die dokument, te bereik.

Die Provinsiale Parlement moet oor die kapasiteit beskik om agb lede van hierdie Huis toe te laat om hul grondwetlike verantwoordelikhede na te kom. Dit verg 'n gepaste toewysing deur die Uitvoerende Gesag, wat die rol van die Provinsiale Parlement moet verstaan.

Die Provinsiale Parlement het te lank aan die agterste speen gesuig. Dit lyk of dit te maklik is om aan die Parlement te s: "Julle kan nie jul oogmerke bereik nie, want daar is nie geld daarvoor nie." Waarom is dit so maklik om dit te s? Waarom is dit so dat die aanstelling van personeel vir kapasiteitsbou in die Provinsiale Parlement laer voorrang geniet as die vul van poste in enige departement? Waarom is dit dat hierdie proses, wanneer dit by die Parlement kom, nie belangrik is nie? As 'n mens na die Begroting van die departemente kyk, is alle poste belangrik.

Dit bring my by die Douglas-verslag, 'n verslag wat vir die eerste maal aan die Provinsiale Parlement 'n goeie grondslag bied waarmee hy homself kan meet in die uitvoering van die veeleisende take van hierdie Parlement.

Dit is egter jammer om te sien dat ons, nadat ons die Douglas-verslag aanvaar het, nie oor die middele beskik om dit in werking te stel nie, want amptenare wat nie veel met hierdie Parlement te doen het nie, maar wat wel baie met die Administrasie te doen het, raak betrokke en s aan die Speaker, hetsy indirek of direk, "U kan dit nie doen nie. U moet maak soos ons aan u s, want as politici kom en gaan u, terwyl ons, as amptenare, tot in ewigheid daar bly."

Daar is probleme wat oor die afgelope vyf jaar al hier bestaan het, en ons het vandag steeds met hulle te doen. Byvoorbeeld, die parkering vir lede - ek dink die Speaker het na hierdie saak verwys - is al vir te lank op die agenda. Die Douglas-verslag het 'n aanbeveling gemaak, maar ons sien dat die Direkteur-generaal van die Administrasie en amptenare van die Departement van Publieke Werke almal hul spiere bult oor hierdie aangeleentheid van waar ons moet parkeer en waar ons hoort. Wie neem die besluite?

Die kwessie van 'n bevoegde gesag oor die gebou is nog onopgelos. Dit moet nou tot 'n punt kom. Ons moet 'n oplossing kry. Dit maak nie saak dat die Speaker van hierdie Parlement toevallig uit die regerende koalisie kom nie; hy moet opkom vir die behoeftes van die Provinsiale Parlement. Per slot van rekening vereis die Grondwet dit, en die Speaker word inderdaad kragtens hierdie Grondwet beskerm as hy opkom vir die regte van die Provinsiale Parlement.

'n Saak wat by ons kommer wek, is die kwessie van die voorstel in die SKOF-verslag dat begrote geld ten bedrae van R770 000 heroorweeg moet word, vanwe die een of ander spesiale tegniese probleem wat deur die koalisie koukusse opgelos moet word.
Ek wil dit laat boekstaaf dat die ANC aanvaar dat die Provinsiale Parlement, met inbegrip van die staande komitees, bemagtig moet word. Ons s dat komitees as 'n saak van dringendheid moet aandag geniet sodat hulle hul grondwetlike pligte en verantwoordelikhede kan nakom, maar ons maak natuurlik beswaar as die bemagtiging van die Provinsiale Parlement op 'n ander manier geskied. Ons kan nie voorgee dat politieke aanstellings administratiewe steun vir die Provinsiale Parlement is nie. Nee, dit kan nie gebeur nie, en ons moet weer dink. Om daardie rede maak ons aan hierdie kant van die Huis ten opsigte van hierdie spesifieke saak beswaar teen daardie finansieringsmeganisme.

Wat regstellende aksie betref, is die beleid vir hierdie Provinsiale Parlement voltooi. Ons moet weer eens die amptenare prys omdat hulle met die Adjunkspeaker saamgewerk het in hierdie saak. Die uitdaging wat egter oorbly, is die inwerkingstelling van daardie beleid. 'n Ontleding van soos sake tans staan, of die blote tel van getalle of persone in die huidige situasie, onthul dat die toedrag van sake inderdaad skokkend is. Dit gee nie aandag aan die demografiese grondwetlike vereistes van die provinsie nie.

'n Eenvoudige telling van persone sal onthul dat die topbestuur van die Provinsiale Parlement grotendeels manlik en blank bly. In die middel en in die rigting van laer vlakke sal ons sien dat dit bruinmense en Afrikane bly. Om die waarheid te s, daar is baie min Afrikane in daardie poste. Wat die poste betref waarna die Speaker verwys het - dit is poste in die Provinsiale Parlement wat gevul moet word - moet daardie saak ooreenkomstig grondwetlike voorskrifte bestuur word. Die Grondwet gee aan ons die opdrag om dit so te doen.

Toe ons gister geluister het hoe die DP praat, is ons herinner aan 'n stelling wat 'n lang ruk gelede gemaak is.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mnr Ramatlakane moet met 'n laaste sin afsluit.

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, my slotsin is dat die gedragskode, soos die Speaker ges het, die kwessie van 'n verklaring van bates moet insluit. Daardie element moet deel daarvan wees.

*Mnr A R WINDE: Me die Voorsitter, vandag voer ons debat oor Begrotingspos 2 - Provinsiale Parlement. Die missie van hierdie departement, soos in die nuwe goudkleurige boek uiteengesit, lui soos volg, en ek haal aan:

To render support services to the members of the Provincial Parliament in order to enable them to fulfil their constitutional function and thereby serve the citizens of the Western Cape optimally.

Hierin l die kern van die saak: "om 'n optimale diens aan die burgers van die Wes-Kaap te lewer". As ons as openbare verteenwoordigers ons grondwetlike funksies en verpligtinge teenoor die Wes-Kaapse burgers wil nakom, moet ons hierdie Begrotingspos ondersteun en ook voortdurend beweegredes verskaf vir verdere begrotingsverhogings wat op hul beurt ons vermo om te presteer, sal uitbou.

Voordat ek spesifieke punte in hierdie Begrotingspos wil uitlig, wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om eers die parlementre ondersteuningspan te bedank vir die uitstekende diens en ondersteuning wat hulle aan ons as lede gelewer het. Die onpartydige houding van die personeel boesem vertroue in by ons as wetgewers, wat weet dat hierdie span met gebrekkige hulpbronne daarin slaag om onder moeilike en uitputtende omstandighede doeltreffende ondersteuning aan ons te lewer.

Hierdie Administrasie moet egter meer toereikend befonds word, net soos ons as lede 'n behoefte aan beter ondersteuning en infrastruktuur het. Die nuwe Begroting sal aandag gee aan party van hierdie behoeftes, waarvan 'n belangrike een die vul sal wees van sekere nuwe poste ooreenkomstig die Douglas-verslag - of, soos die Adjunkspeaker soms daarna verwys, die "Gibson-verslag". Ek kan net aanneem dat sy 'n uitstekende verslag met die uitmuntendheid van die persoon assosieer. Die aanbevelings van hierdie verslag is dat 11 poste in die parlementre administrasie gevul moet word.

Met die verfyning van die behoeftes van die Provinsiale Parlement kan ons egter blykbaar net vyf nuwe poste vul. Dit is as gevolg van die verskuiwing van fondse van nuwe poste na sekretarile toelaes vir hulp en ondersteuning aan die voorsitters van komitees.

As fondse nie aan die voorsitters beskikbaar gestel word nie, kan hulle op hul beurt nie doeltreffende dienste aan die komitees lewer nie. Tans is die huidige komiteeklerke oorlaai met werk en vanwe hierdie personeelbeperkinge kan die komiteevoorsitters nie hul pligte behoorlik nakom nie.

Die vraag rondom hierdie saak is of die politieke partye of die Administrasie die fondse moet administreer en watter een van die twee die personeel moet aanstel om die komiteevoorsitters by te staan. Daar is 'n grys area rondom die spesifieke pligte van assistente vir voorsitters wanneer dit by partypolitieke werk kom. Ek ondersteun dus die gedagte dat hierdie fondse vir administrasie aan die partye oorbetaal moet word en dat die komiteevoorsitters op hul beurt hul eie personeel moet aanstel.

Provinsiale wetgewers regdeur hierdie land ondervind blykbaar dieselfde probleem deurdat hulle nie behoorlik befonds word nie. Dit is nie hoe regerings bedryf moet word nie. As 'n sakeonderneming wil presteer, bel hy eers in sy eie infrastruktuur en stelsels. As dit eers gedoen is, kan hy 'n diens aan sy klinte lewer. Dit is tyd dat ons hierdie Provinsiale Parlement in dieselfde lig beskou. Die Provinsiale Parlement, wat ten opsigte van die diensstaat een van die kleinstes is, getuig van goeie bestuur en voldoening aan fiskale dissipline, anders as ander in hierdie land.

Die Douglas-verslag is duidelik oor die tekortkominge van hierdie Provinsiale Parlement. Die openbare betrekkinge komponent van die Provinsiale Parlement bestaan nie. Daar is 'n behoefte aan tolkdienste in die komiteekamers. Personeelsalarisse stem nie ooreen met di in die nasionale Parlement of, gemiddeld, di in ander wetgewers nie. Vanwe die diefstal van ons antwoorddiens is daar 'n baie besliste gebrek ten opsigte van ons diens en professionalisme. Die tekort aan rekenaar- en IT-geriewe is onverskoonbaar, laat staan nog die parkeerprobleme wat personeel van die wetgewer ondervind. Die kersie op die koek is die spysenieringsgeriewe hier in hierdie gebou. Dit is eenvoudig nie aanvaarbaar nie.

Dit is vir my aangenaam om te s dat dit lyk asof daar in hierdie nuwe Begroting begin word om aandag te gee aan hierdie probleme waarna ek verwys het, soos ons die Speaker vroer vandag hoor s het. Ek gee derhalwe my volle ondersteuning aan hierdie Begrotingspos en sal verdere finansiering wat beskikbaar mag raak, ondersteun.

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, dit is 'n voorreg om aan die debat oor Begrotingspos 2 deel te neem. Die agb lid mnr Ramatlakane het ges dat hy gemengde gevoelens oor deelname aan hierdie debat het. Ek moet s dat dit baie selde is dat 'n mens oor 'n Begrotingspos kan praat waar daar 'n toename van 57% is, en dit is 'n mens se eie Begrotingspos, en jy voel nie eens skuldig daaroor nie. Ek voel nie skuldig om hierdie Begrotingspos te ondersteun nie. Die Wes-Kaap het die kleinste Begroting om sy grondwetlike verantwoordelikheid mee na te kom, maar ten spyte daarvan bly ons steeds die mees doeltreffende provinsiale parlement. Dit maak dus nie saak wat die persentasie is nie, ek glo dat ons dit moet ondersteun.

Me die Voorsitter, ek wil graag begin deur die agb Premier, die Kabinet en die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning te bedank omdat hulle hierdie verhoging gesteun het. Aangesien dit 'n spanpoging was, sal dit ook net billik wees om ook die Speaker, en die Sekretaris en al sy personeel te bedank omdat hulle hierdie Begroting voorberei het. In oorlegpleging met die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het hulle 'n werkbare lewensvatbaarheidstudie uitgewerk en hulle moet gelukgewens word. Die Speaker het die Adjunkspeaker "uit die hart" bedank. Ek bedank insgelyks die Speaker en sy personeel omdat hulle vir die eerste maal 'n Begroting voorberei het waarmee ons tevrede voel en wat ons in staat sal stel om goeie diens te lewer.

Ek wil nie graag die name van personeellede noem nie, maar ons bied ons opregte gelukwense aan die Sekretaris van die Parlement, die Adjunksekretarisse, en elke enkele personeellid en ons wil hulle ook by voorbaat bedank vir die werk wat voorl.

Me die Voorsitter, van 'n goeie Begroting word 'n ho standaard verwag. Daar was in die verlede altyd verskonings, soos 'n gebrek aan kapasiteit en fondse. Nou is daar nie meer verskonings nie. Die Begroting sal aan die einde van die huidige boekjaar getoets word wanneer die Huis in 2001 vergader. Sal ons kan sien dat ons resultate gelewer het?

Ek wil graag sekere punte noem. Dit moet nie as kritiek beskou word nie, maar eerder as opbouend. Die belangrikste saak is dat ons ons plig moet nakom om openbare deelname en bemarking te bevorder. Daar bestaan 'n lugleegte in die bemarkingsvermo van die Provinsiale Parlement en ons moet ons plig in daardie verband nakom. Agb lede sal onthou dat die media deel uitgemaak het van my eerste portefeulje as Minister van Publieke Werke. 'n Pragtige plan is opgestel om die Provinsiale Parlement op die regte wyse te bemark sodat ons die taak van openbare deelname kon uitvoer.

Die agb lid mnr King het melding gemaak van die geriewe in hierdie gebou. Dit is definitief nie bevorderlik vir openbare deelname nie en dit is iets waarop ons moet ingaan.

In sy Begrotingstoespraak het die agb Speaker gemeld dat die Provinsiale Parlement proaktief en deursigtig moet wees en na die gemeenskappe moet uitgaan en dit is ook 'n saak wat in die Komitee oor Rels en Huishoudelike Relings opgehaal is - ek hoop nie dat ek op dieselfde ou snaar tokkel nie!
In die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling - waarvan ek die voorsitter is - het ons ses afdelings binne die bestek van daardie portefeulje. Toe ek die begroting vir die staande komitee voorberei het, het ek in die loop van die jaar met verskeie Ministers oorleg gepleeg. In totaal sal 16 wetsontwerpe aan daardie komitee voorgel word. Volgens ons begrotingstoewysing kom dit neer op R4 000 per wetsontwerp om te adverteer om openbare deelname te verseker en na die gemeenskappe uit te reik - met ander woorde, om werklik doeltreffend te wees. Me die Voorsitter, ek versoek dat die Begroting heroorweeg moet word, want ek dink nie dat dit 'n billike toewysing is nie.

Die tweede aspek is vertalings. Ek het dit in die staande komitee opgehaal en ek wil dit vandag in die Huis noem. Die ACDP sal nie R500 000 vir vertaalhokkies ondersteun nie. Dit is soos wanneer iemand akkommodasie nodig het om 'n kiesafdelingkantoor te bestuur. Dit is een saak om die kantoor te bekom, maar dit is 'n ander saak om daardie kantoor te beman. Me die Voorsitter, ons het 'n kapitale bedrag van R500 000 beskikbaar vir die verskaffing van twee vertaalhokkies, maar daar is niemand om die hokkies te beman nie. Ek kan nie kapitaalbesteding ten bedrae van R500 000 ondersteun sonder dat ons die nodige vertalers het om dit te beman nie. Ons moet eerder daardie R500 000 neem en tolkdienste by staande komitees verskaf. Daardie diens kan onmiddellik ingestel word en die staande komitees sal meer doeltreffend funksioneer.

Me die Voorsitter, melding is gemaak van die kwessie van navorsers. As agb lede bl 15 lees, sal hulle sien dat die navorsingspan ges het, en ek haal aan:

In September the committee dossier was introduced. This monthly service entails compiling of customised dossiers of media articles on specific issues on topics for each of the standing committees. Also an information flyer.

Ek hoop dat dit nie 'n geval is van nuwe besems wat skoon vee nie, want ek het gesien dat hulle daarmee begin het, maar ek het nie gesien dat hulle dit klaarmaak nie. Dit sou 'n uitstekende gedagte wees as die staande komitees wel 'n dossier van belangrike onderwerpe onder elk van die portefeuljes waaraan hulle aandag gee, sou kry.

Die Speaker het ook na regsdienste verwys. Hy het wel die situasie duidelik gestel, maar dit is ongelukkig die plig van hierdie Parlement om 'n goeie regsdienskapasiteit vir die voorsitters van die staande komitees te verskaf sodat hulle goeie wette kan voortbring. [Tyd verstreke.]

*Mnr H A LEWIS: Me die Voorsitter, ek wil graag my bydrae oor Begrotingspos 2 - Provinsiale Parlement in die konteks plaas van twee van die nege strategiese beleidsoogmerke van die Wes-Kaapse Regering, soos in Julie 1999 deur die Kabinet goedgekeur.

Die strategiese oogmerke waaroor ek wil praat is, en ek haal aan:

	6.	To improve the quality and accessibility of services provided by the Provincial Government. ...

	8.	To maintain and improve the physical infrastructure required for the development of this Province.
As ons na die Provinsiale Regering verwys, moet ons besef dat dit in hierdie gebou begin. Die Provinsiale Regering sluit die Provinsiale Parlement in, en die Provinsiale Parlement bestaan uit alle agb lede van hierdie Huis en die Kabinet, en dit sluit die administratiewe personeel in wat aan die Parlement verbonde is. Ja, ons het in 'n groot mate daarin geslaag om die gehalte en toeganklikheid van die dienste wat deur verskeie departemente van die Provinsiale Administrasie gelewer word, te verbeter, maar nie di van die Provinsiale Parlement nie.

Ons as lede beklee die hoogste diensleweringsamp in hierdie Provinsie. As ons die gehalte van dienste wat deur lede van hierdie Huis gelewer word, wil verbeter, hetsy in die uitvoering van hul kiesafdelingspligte of hul parlementre verpligtinge, sal hierdie Parlement die lede moet bemagtig en in staat stel om dit te doen. Gevolglik moet hierdie verbintenis tot bemagtiging in die provinsiale Begroting en in hierdie Begrotingspos weerspiel word.

Me die Voorsitter, ek wil onmiddellik maan dat my bedoeling nie is om lede van hierdie Huis onbehoorlik finansieel te ondersteun ten koste van ons morele verantwoordelikheid teenoor die kiesers daar buite nie. Inteendeel, my bedoeling is dat lede van hierdie Huis juis so bemagtig moet word dat hulle in staat gestel word om die dienste na buite so effektief moontlik te kan lewer.

As ek dink aan die kwessie van staande komitees en die ondersteuning in staande komitees, wil ek dit kategories stel dat ek glo dat as ons sake en aangeleenthede in hierdie Huis tot hul reg wil laat kom, elke staande komitee 'n eie komiteekordineerder moet h. Ek steun dus heelhartig die idee dat die R770 000 terugverwys moet word na die Relskomitee en dat ons die hele aangeleentheid moet herevalueer met betrekking tot hoe die ondersteuning aan staande komitees daar gaan uitsien.

Die UDM wil dit graag noem dat ons meen die regte pad om te volg is om personeel aan te stel wat tot die Parlement behoort en wat vanuit die parlementre opset daardie diens aan die staande komitee en die komiteevoorsitters kan lewer.

Wat betref die uitvoering van Rel 80 van die Reglement, naamlik dat partye befonds moet word om hul verantwoordelikhede uit te voer, wil ek versoek dat daaraan uitvoering gegee moet word en dat sensitief gekyk sal word na hoe kleiner partye bemagtig kan word. Sodoende sal kleiner partye ook 'n sinvolle en funksionele rol in hierdie Parlement en sy bedrywighede kan speel.

Me die Voorsitter, dit is ook belangrik dat ons in die toekoms - ons sal dit moontlik nie nou kan doen nie - ondersoek instel na die tipe salarisse wat ons aan administratiewe personeel betaal, sodat ons die kundigheid wat ons oor die jare hier opbou kan behou, en dit nie verlore sal gaan deurdat die privaatsektor daardie mense met beter salarisse trek nie.

*Mnr R WILLIAMS: Me die Voorsitter, laat my toe om my gelukwense te voeg by di van ander sprekers wat die Speaker, as die verantwoordelike politieke ampsbekler, asook die departementele amptenare, veral die Sekretaris van die Parlement, mnr Pretorius, en sy klein maar toegewyde personeel geloof het vir die uitstekende werk wat hulle met die Begroting van die Provinsiale Parlement gedoen het.

Daar is baie aspekte in hierdie Begroting wat aangeprys kan word, en die Speaker het 'n paar daarvan uitgelig. Ons stem heeltemal saam, of ten minste wesenlik saam, met wat hy daaromtrent ges het.

Dit is grootliks te danke aan die uitstekende voorbereidende werk wat deur die Speaker, deur uself, me die Voorsitter, en deur die parlementre personeel gedoen is, dat die Begroting vir die Parlement relatief maklik deur die Komitee oor Rels en Huishoudelike Relings goedgekeur is, met een uitsondering, en ek sal later na hierdie een item van groot onenigheid terugkeer. My kollega die agb lid mnr Lewis het daarna verwys, en dit is die toewysing van fondse aan politieke partye vir die voorsitters van komitees.

In hierdie stadium wil ek aandag gee aan 'n wesenlike oorweging wat ons benadering, die benadering van hierdie kant van die Huis, tot die Begroting van die Parlement rig, en daardie oorweging is: wat is die kernfunksie van die Parlement? Ek weet dat Begrotingstelling No 2 'n lys van sleutelfunksies verskaf, maar ek is van mening dat daardie funksie na die funksies van die departement verwys, en nie na die funksies van die Parlement self nie.

Waarna ek verwys, is die funksie van die Parlement as 'n instelling wat uitvoering moet gee aan die politieke wil van die mense van hierdie provinsie, soos uitgedruk deur middel van die stembus. Hierdie funksie word in artikel 23(2) van die provinsiale Grondwet uitgedruk, wat bepaal dat, en ek haal aan:

	... die Provinsiale Parlement voorsiening maak vir meganismes om -

(a) te verseker dat alle provinsiale staatsorgane aan hom verantwoording doen; en

(b) toesig te hou oor -

(i) die uitoefening van provinsiale uitvoerende gesag, insluitende die uitvoering van wetgewing; ...

Een van die meganismes wat deur die provinsiale Grondwet voorgeskryf word vir hierdie toesighoudende en rekenpligtigheidsfunksie van die Parlement is die komiteestelsel. Die provinsiale Grondwet, in artikel 23(4), gee inderdaad opdrag aan die Provinsiale Parlement om deur sy Reglement van Orde die nodige bevoegdhede aan komitees te verleen om toesig te hou oor die werksaamhede van die provinsiale staatsinstellings en om die provinsiale Uitvoerende Gesag rekenpligtig te hou.

Op die oog af - of prima facie, soos die geleerdes sou s - verleen die Reglement wel heel omvattende bevoegdhede aan die staande komitees met betrekking tot hul toesighoudende funksies. [Tussenwerpsels.] Ek het dit reeds gedoen, dit is op die eerste gesig - op daardie agb lid se gesig, as hy wil. [Tussenwerpsels.] Hierdie bevoegdhede is egter dalk meer denkbeeldig as werklik, want 'n nadere ontleding van die Reglement onthul dat dit beperk word deur die bevoegdheid verleen aan die Speaker, handelende in oorleg met die Komitee oor Rels en Huishoudelike Relings, om die uitoefening van die bevoegdhede van die komitees of 'n spesifieke komitee aan sekere beletsels, beperkinge en voorwaardes te onderwerp.

Die vraag wat 'n mens moet stel, is: waarom word die bevoegdhede van komitees op hierdie wyse beperk? Ek wil in hierdie stadium onmiddellik byvoeg dat ek vir geen oomblik aan die hand doen dat die Speaker geneig is om die bevoegdhede van komitees te beperk nie. Die vraag wat ek wil stel, is di een: is hierdie beperking ingestel om sekere voorsitters aan bande te l? 'n Mens dink onmiddellik aan SKOR, wat tot onlangs 'n onafhanklik gesinde voorsitter gehad het, wat verwyder is. [Tussenwerpsels.]

Kom ek stel dit so. Ons het gesien, in die episode rakende die agb lid me Essop, hoe die Komitee oor Rels en Huishoudelike Relings, of meer spesifiek die koalisie komponent daarvan, as die handperd van die Uitvoerende Gesag gebruik is om hul vuilwerk te doen - om vir blou koos uit te dra, as 'n mens dit so kan stel. Ons het ook in daardie episode gesien hoe die meerderheid van die Komitee oor Rels en Huishoudelike Relings die Reglement verlaag het tot 'n blote mooi stukkie kant op die mou van ongebreidelde politieke mag.

Nou moet 'n mens vra: waarom is hierdie beperkende bepaling in die Reglement, wat die bevoegdhede van die komitees en veral die bevoegdhede van die voorsitters van die komitees beperk? Die vraag wat 'n mens moet stel, is of hierdie beperking daarop gemik is om die leisels vas te vat ten opsigte van komiteevoorsitters van ander partye, waarvan daar nou slegs een is. Ek dink die meer pertinente vraag is of hierdie beperking ingestel is om die leisels in te trek van komiteevoorsitters van die regerende koalisie wat deur die partybase as oorywerig beskou word.

'n AGB LID: U droom.

Mnr R WILLIAMS: Dit is nie so vergesog nie, en ek dink die komiteevoorsitters van watter party ook al kan nie gerus slaap nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek het aandag gegee aan een beperking op die doeltreffende uitoefening van die grondwetlike verpligtinge van komitees. Daardie beperking word deur Rel 85(3) opgel, en ons sal voorstel dat daardie Rel heroorweeg word.

Ek kom nou by 'n ander beperking, en dit is die ontoereikende hulpbronne wat aan komitees toegewys word. My kollega daar oorkant, die agb lid mnr Lewis, het na die karigheid van hulpbronne wat aan komitees toegewys word, verwys. Nou weet ons almal dat die komitees in groepe saamgevoeg is as 'n metode wat deur die getalle aan daardie kant van die Huis voorgeskryf is, want die koalisievennote het tussen hulle slegs nege lede wat nie aan die Uitvoerende Gesag behoort nie. Ons weet derhalwe waarom ons hierdie saamgroepering van komitees het in die mate waarin ons dit het.

Hierdie saamgroepering beteken dat komiteekordineerders en komiteeklerke verskeie subkomitees moet bedien, en dit lei tot 'n ernstige gebrek aan kapasiteit in daardie komitees. Om dit reguit te stel, die personeel in daardie komitees, die komiteepersoneel, is ernstig oorlaai. Dit is algemeen bekend. [Tyd verstreke.]

Die SPEAKER: Me die Voorsitter, ek wil almal bedank wat aan die debat deelgeneem het. Dit is baie duidelik dat daar tot 'n groot mate eenstemmigheid en samewerking is. Dit verhoog die waardigheid van die Parlement en van sy lede. Ons is baie dankbaar oor hierdie positiewe houding.

Ek as Speaker was maar benoud. As ek hierdie begrotingsposbespreking in die verlede moes hanteer, sou dit baie moeiliker gewees het - ek weet dit. Ek is dus dankbaar dat ek eers op di stadium ingeroep is om die Begroting te verdedig waarin ons baie positiewe punte kry.

Me die Voorsitter, ek wil almal wat aan die debat deelgeneem het, opreg bedank vir hul bydraes. Ek wil kortliks reageer op 'n paar sake wat die sprekers uitgelig het. Die agb lid mnr King het gepleit vir die 36 oudlede wat ons alreeds het. Ek dink ons moet die boodskap aan hulle uitdra dat hulle baie welkom in ons gebou is en dat ons vir diegene wat gereeld hierheen wil kom, enige tyd toegangskaartjies kan rel, ook permanente toegangskaartjies sodat hulle baie maklik toegang tot die gebou kan kry.

Ons wil graag ons restaurantgeriewe ten volle vir hulle oopstel. Agb lede sal dus die oudlede van hul partye kan nooi om saam met hulle aan tafel te sit in die gedeelte van die eetsaal wat vir die partye afgesonder is. Met debatte, en so meer, sal ons dit vir hulle so maklik moontlik maak.

Die oudlede is steeds lede van die Commonwealth Parliamentary Association, maar ek twyfel of agb lede hulle so ver sal uitsonder om ook oorsese reise te onderneem.

Ons kan die oudlede beslis nooi om aan ons werksaamhede deel te neem. Dit mag wees dat 'n bepaalde oudlid so kundig oor 'n bepaalde saak is, dat ons hom/haar kan gebruik. Ons kan selfs so besig wees met 'n sitting, dat ons niemand het om na 'n konferensie af te vaardig nie, en dan kan ons een van die oudlede daarvoor inspan.

Ons sal dus beslis bepaal op watter manier ons die oudlede hier kan laat welkom voel. Ek meen, ons moet ook elkeen na ons eie belange omsien - ons weet nie hoe lank dit sal wees voordat elkeen van ons ook 'n oudlid is wat dalk graag 'n voorreg, of wat ook al, hier wil geniet nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, die agb lid mnr King het ook verwys na die betrokkenheid van LPPs in die opstel van die Begroting. Ek wil graag die Uitvoerende Gesag bedank dat hulle die lede alreeds raadpleeg wanneer die bal nog in hulle baan is; dat ons 'n inset kan lewer voordat die Begroting finaal opgestel is, en dat ons die geleentheid kry om voorstelle te maak. Ons besef dat dit meebring dat die kennis van lede verhoog word en dat daar kennis geneem word van die insette wat gelewer word. Dit bring ook mee dat die lede meer konstruktief aan die begrotingsdebat kan deelneem.

Die agb lid mnr King het voorts versoek dat dieselfde komitees weer, nadat die begrotingswetsontwerp formeel ingedien is, betrokke moet wees. Die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe het reeds in 1997 aanbeveel dat hulle net met die globale prentjie besig moet wees. Hulle kyk byvoorbeeld na die verspreiding tussen die poste; hoe daar met personeel gewerk word; en spesifieke beleidsrigtings van die Regering en of die verskillende departemente daarmee rekening hou. As dit egter by die detail van elke departement kom, moet dit die portefeuljekomitee wees wat dit hanteer. Dit sal meebring dat SKOF nie die geweldige groot werklas en verantwoordelikheid wat hulle tans het, moet dra nie.

Ons beweeg reeds in daardie rigting met voorligting aan die verskillende staande komitees voordat die debatte plaasvind. Ons sal beslis na die Rels kyk om verder uitvoering hieraan te gee.

Wat ek genoem het met betrekking tot die Derde Lesing en die Komiteestadium, hang nou hiermee saam. Die klem moet op die staande komitee gel word wat 'n wetsontwerp hanteer, wanneer ons wetsontwerpe hanteer.

Ek wil graag vir die kleiner partye in die Huis s dat indien ons ... [Tussenwerpsels.] Ja, die Speaker moet sy woorde baie versigtig kies, ... [Gelag.] ... en ek is dankbaar as ek reggehelp word. Die partye wat nie in regering is nie ... [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, as ons met 'n situasie te kampe het dat die finale goedkeuring van 'n wetsontwerp in die tweedelesingsdebat geskied - 'n wetsontwerp gaan net na 'n komitee en kom terug vir die tweede lesing en word finaal goedgekeur - is daar vir die partye wat nie in regering is nie, nog 'n waarborg dat hulle amendemente op die Ordelys kan plaas, sodat daardie wetsontwerp nie deur die Parlement gestoomroller kan word nie. Die groot voordeel is dan dat daardie wetsontwerp teruggaan na die spesifieke komitee wat nog die heeltyd daarmee werk. Ons het op die oomblik die gebruik dat die hele Huis oor daardie wetsontwerp beslis, nadat die betrokke staande komitee al die insette ontvang het en na alles geluister het. Daar sal dus nog waarborge ingebou word vir alle partye in hierdie stelsel, maar dit gaan meebring, rondom die punt wat die agb lid mnr King genoem het, dat die portefeuljekomitees die belangrike rol sal speel.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: [Onhoorbaar.]

Die SPEAKER: Dan moet ons openheid h.

Me die Voorsitter, die agb lid mnr King het ook 'n baie goeie saak hier uitgemaak dat ons na ons gebou en geriewe moet kyk. Ek gaan daardie debat liewer aan agb lede oorlaat. Ons kan verder daaroor gesels. Ek het my standpunt gestel, en dit is dat solank die nasionale Parlement naby ons is, dit ons geweldig baie geld en tyd spaar en dat ons baie mooi oor hierdie saak sal moet dink.

*Die agb lid mnr Ramatlakane het na die verhouding tussen die Parlement en die Uitvoerende Gesag verwys. Ek bedank hom vir sy ondersteuning, en omdat hy ges het dat ons ons Parlement moet bemagtig omdat ons toesig oor die Uitvoerende Gesag moet hou. Een van die interessante sake is dat die salarisse van LPPs as 'n direkte las teen die inkomstefonds betaal word. Dit is so dat die Uitvoerende Gesag nie kan inmeng en aan lede s dat indien hulle nie aan hul versoeke voldoen nie - as hulle moeilike vrae stel, en dies meer - hulle met hul salarisse sal inmeng nie. [Tussenwerpsels.]

Ons moet daardie onafhanklikheid waardeer en besef dat ons nie werklik onafhanklikheid het as ons nie oor voldoende fondse beskik om toesig oor die Uitvoerende Gesag te hou nie. Ons het die tussenwerpsel van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gehad, wat ek weer wil laat boekstaaf, dat daar volgende jaar 'n 100% befondsing van ons behoeftes sal wees!

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Ek stem saam daarmee ... [Onhoorbaar.] ..., vergeet dus daarvan!

*Die SPEAKER: Wat die demografie van die Provinsie betref, het ons nog nie ons teiken bereik nie - ek gee dit heeltemal toe. Ons is egter baie besig met die aangeleentheid. 'n Probleem wat ons ondervind, is dat spesifiek hoogs geskoolde Afrikane, wat by die nasionale Parlement werk en ondervinding opdoen in daardie omgewing, vanwe die verskil in salaris nie na ons Parlement sal kom nie. Dit is een van die belangrike faktore waarmee ons tans te doen het, waarop ons sal moet ingaan. Ons kompeteer inderdaad nie met die ander wetgewers daar ver nie, maar met die nasionale Parlement. Veral as ons na geskoolde Afrikane vir parlementre poste soek, kyk ons na die nasionale Parlement en ondervind ons hierdie probleem. Ek stem wel met die agb lid saam. Die amptenare het gewerk aan 'n beleid wat met ander amptenare onderhandel moet word, met die hele diensstaat, soos agb lede weet, en ons hoop werklik dat ons goeie vordering in hierdie verband sal maak.

Die agb lid mnr Ramatlakane het ook gevra dat die verklaring van finansile belange by ons gedragskode ingesluit moet word. Dit is natuurlik moontlik. Ek sal dit verwys na die ad hoc-komitee wat dit hanteer. Agb lede sal hul insette kan lewer, en ons sal kyk of dit nodig is om dit te doen.

Die agb lid mnr Winde het 'n paar aspekte uitgewys ten opsigte waarvan ons tekort skiet. Ek stem heelhartig met hom saam. Ons sal aandag moet gee aan hierdie sake.

Die sekretarile toelae het ter sprake gekom in die toesprake van die agb lede mnre Louis, Williams en Lewis. Ek dink dat indien ons die beginsel kan vestig dat sekretarile bystand deur middel van hul partykoukusse aan voorsitters voorsien word, die druk op die kordineerders van die verskillende komitees sal afneem. Ek dink die oplossing l op daardie gebied. Met hierdie doel voor o het ons R1,1 miljoen begroot vir sekretarile toelaes, wat onder die partye verdeel moet word. Ons weet dat nie al die partye daarmee tevrede is nie, en ek wil aan die drie agb lede wat na hierdie saak verwys het, s dat die Speaker 'n ogie hieroor sal hou - die Speaker is daar om die minderheidspartye te beskerm. Ek kan per slot van rekening nie die meerderheid in die Komitee oor Rels en Huishoudelike Relings toelaat om bloot te besluit dat hulle sekere lede van die Huis sal bemagtig en ander nie. Soos agb lede weet, het ons die formule beding en ons het tans 'n heeltemal goeie oplossing. Ek sal egter oorweging gee aan die personeelposte wat daardie agb lede skep en hoe die geld vanjaar bestee word. Ons sal aan die einde van die jaar 'n beter prentjie h.

Ek dink werklik dat die kordineerders daar is vir die hele komitee. Die voorsitter is slegs die kanaal waardeur die wense van die komitee aan die kordineerders oorgedra word. Die kordineerders werk vir die hele komitee. Die voorsitters van komitees, vanwe hul posisie en hul werklading, moet sekretarile vermons vir hulle persoonlik kry, personeel wat hulle persoonlik kan aanstel en vertrou. Op daardie wyse sal hulle oor die nodige kapasiteit beskik om hul werk te doen.

Die agb lid mnr Louis het na die bemarking van die Provinsiale Parlement verwys. Ons moet besef dat ons met die daarstelling van die unistad - die groot munisipale raad van 180 lede - onsself sal moet bemark. Ons deel Kaapstad reeds met die nasionale Parlement, en ons gaan nou hierdie groot plaaslike regeringsinstelling h. [Tussenwerpsels.] Ons sal moet meeding en verseker dat ons burgers ook kennis neem van ons en besef hoe belangrik die wetgewing en die dienste is wat ons vir hulle lewer.

Die inligtingsdossier sal 'n voortdurende aktiwiteit wees. Dit sal nie gestaak word nie. Ons kan die agb lid mnr Louis daarvan verseker dat ons sal voortgaan om nuwe inligting aan voorsitters beskikbaar te stel, soos die behoefte ontstaan.

Die agb lid mnr Louis het ook verwys na die R60 000 wat vir die onderskeie komitees beskikbaar is. Baie van die aangeleenthede waarna hy verwys het, sal nie op daardie begroting wees nie, maar op die administratiewe begroting van meer as R1 miljoen. Ons sal op hierdie aangeleentheid ingaan, soos bespreek by die slypskool vir voorsitters. Ons sal beheer oorneem oor die lopende koste. Die R60 000 sal daar wees as 'n ekstra aansporing vir die verskillende komitees.

Ek bedank ook die agb lid mnr Lewis vir sy steun. Ek het reeds daarna verwys dat ons na die kleiner partye probeer kyk. Ek dink hy sal vind die bedrag wat ons aan hom toegewys het, sal hom darem in staat stel om 'n goeie pos te skep om hom te help met sekretarile dienste. Soos ek beloof het, sal ons in die loop van die jaar weer daarna kyk. Indien dit blyk dat die klein partye in die Huis nie kan deurkom met die geld nie, sal ons verder daarna kyk. [Tussenwerpsels.] Die geluk wat die agb lid mnr Lewis darem het, is dat hy alleen besluit oor hoe daardie geld aangewend moet word. [Gelag.] Die vraag is of ons so baie geld in een mens se hande moet plaas, soos die geval is met hom en die agb lid mnr Louis!

*Ten slotte het die agb lid mnr Riyahd Williams na die bevoegdhede van komitees verwys. Ek wil hom daarop wys dat Rel 85(3) inderdaad slegs na die administratiewe sake van komitees verwys. Die Speaker kan natuurlik 'n opdrag aan 'n komitee gee en dit beperk, maar 'n Speaker sal baie versigtig moet wees om nie by partypolitiek betrokke te raak nie. Dit is inderdaad die argument wat die agb lid voorgehou het. Die aanvanklike doel van daardie Rel was om die administrasie van die onderskeie komitees te reguleer. Die agb lid kan begrip h vir die feit dat 'n komitee wat 'n studie maak van dobbelarywetgewing byvoorbeeld op sy eie kan besluit dat die lede dobbelary in Las Vegas wil gaan bestudeer en die Speaker sal dan net daarvoor moet betaal. Die Speaker, as die politieke hoof, en die Sekretaris van die Parlement, wat die rekenpligtige beampte is, sal in ernstige moeilikheid kom.

Ek moet egter met die agb lid mnr Williams oor die saak saamstem - ek het gedink dat dit sy argument was - dat die Parlement nie geldwetsontwerpe kan wysig nie. Die Grondwet maak voorsiening vir die instelling van wetgewing sodat die Parlement dit inderdaad kan doen. Volgens my inligting is hulle daarmee besig by die nasionale Parlement. In tipiese Westminster demokrasie word dit uitbalanseer deur die feit dat dit op 'n voorstel van wantroue in die regering neerkom as die regering van die dag nie sy finansile wetgewing kan deurvoer nie, en dan moet hy bedank.

Ons het 'n nuwe bedeling. Ons het proporsionele verteenwoordiging. Ons leef in 'n demokrasie waarin die Parlement ook wil toesig hou oor die finansile regime. 'n Balans moet dus getref word waarin die Uitvoerende Gesag sy programme kan uitvoer en waarin daar sekere veiligheidsmeganismes ingebou is sodat die Parlement, aan die ander kant, ook s daarin het. Ek bedoel, wat sou gebeur as 'n regering gekies en aangestel word en hy kan nie sy eie begroting goedkeur om sy eie programme uit te voer nie? Daar sal baie gedink moet word oor daardie wetgewing sodat ons 'n behoorlike balans het. Soos die agb lid mnr Williams geargumenteer het, dit sal natuurlik ook op die bevoegdhede van komitees betrekking h as die Parlement die bevoegdheid kry om geldwetsontwerpe te wysig. [Tussenwerpsels.]

Ek wil die agb lede nogmaals bedank. Ek vertrou dat ons sal saamwerk om van ons Parlement 'n groot instelling te maak.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Die Huis verdaag om 16:40.

1122	DINSDAG, 7 MAART 2000



	DINSDAG, 7 MAART 2000	1121



1102	DINSDAG, 7 MAART 2000


